LettersOpinion

Verkrag bly verkrag

Lynette Dunn van Krugersdorp-Noord skryf:

Mnr die prokureur, dit is jammer dat die news nie jou naam bekend maak nie (Kinderverkragter se dade nie so ernstig nie, 31 Oktober-uitgawe van news).

Alle verkragters sal beslis van jou dienste gebruik wil maak. Ek is seker (mnr) Mathys van Zyl het nie die nodige fondse om jou te betaal nie, so jy moet beslis simpatie met sulke misdadigers hê. Ek het geen idee hoe jy kan sê dat verkragting slegs gebeur as ‘n man sy geslagsdeel gebruik nie.

Het jy geen gevoel vir wat die driejarige kind moes deurmaak nie?

Is dit nou carte blanche om enige iets te gebruik om ‘n kind/ vrou te penetreer?

Mag God jou genadig wees dat jou vrou, kind of kleinkind nie met ‘n besemstok verkrag word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button