
Ek vind dat matrikulante van vandag geen werksondervinding het wanneer hulle rondgaan om werk te soek nie.
Waarom begin ons as gemeenskap van Krugersdorp, gemik op die besighede, nie ‘n projek om vakansie werk en naweek werk aan te bied vir hoĆ«rskoolleerlinge vanaf 16-jarige ouderdom nie?
Dit sal die leerlinge help om ondervinding op te doen, asook die besighede adverteer by ouers en sodoende meer besigheid te doen, dus baat almal daarby.
Besighede kan elke keer nuwe leerlinge in diens stel en so kry almal ‘n gelyke kans om ondervinding op te doen.
As dit in Krugersdorp vlot verloop kan ons naburige dorpe aansteek en so die leerlinge help.
Ek sal graag my hulp gee as ouer.
