LettersOpinion

Baie dankie uit die diepte van ons harte

Irene Emslie van Krugersdorp skryf:

Ek wil graag al ons familielede en vriende opreg bedank vir hulle ondersteuning, besoeke, liefde en omgee gedurende die tyd wat my seun Dylan Emslie in die CT ISE van die privaat hospitaal was.

Ek will verder die mediese personeel van die CT ISE opreg bedank vir hulle toewyding, vriendelikheid en professionele diens.

‘n Spesiale dank aan dr Capatos wat my seun se lewe gered het, en my daagliks met soveel geduld en toewyding op hoogte gehou het van Dylan se vordering.

Ek wil ook graag die volgende die personeel van Hoƫrskool Monument opreg bedank vir hulle bystand en ondersteuning; Zelda Marais en Anette du Preez wat my daagliks gekontak het om te hoor hoe dit gaan en Dylan gereeld besoek het.

Ons dank almal van u en in besonder ons Hemelse Vader wat Sy hand van beskerming oor Dylan uitgestrek gehou het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button