
Met die afsterwe van my eggenoot en ons pa Hendrik van der Merwe op 16 Oktober het Dewald en Renier ons verwagtinge oortref.
Hulle het hom deurentyd met die grootste waardigheid hanteer wat dit vir ons makliker gemaak het.
Dewald het my bygestaan met die reëlings vir die begrafnis en attent gemaak op sekere dinge waaraan ek nie eers op daardie oomblik gedink het nie.
Selfs na die begrafnis het ons ondersteunende sms’e ontvang.
Ons is opreg dankbaar vir die spesiale begrafnisdiens deur pastoor Swart, die orreliste en die klankkoördineerder van AGS Krugersdorp-Wes
‘n Spesiale dankie ook aan die Krugersdorp GPF-lede van Sektor 3 en 5 wat die verkeer so mooi gereguleer het. Sonder hulle sou dit baie moeiliker gewees het. Julle is voorwaar baie spesiaal.
