LettersOpinion

Hoe bly ons staande met belaglike skoolfonds?

Bekommerde ouer van Krugersdorp-Noord skryf:

Gedurende Augustus het ek ‘n skrywe gerig in verband met onbetaalde skoolfonds.

Weereens was daar geen reaksie van ouers, skoolhoofde, beheerrade of die departement nie. Ek het gevra dat verhogings so laag as moontlik gehou moet word as gevolg van die haglike ekonomiese toestand in die land.

Wat ‘n skok toe ek ‘n plaaslike skool se briefie ontvang wat aandui dat die skoolfonds verhoog is van R805 na R1 070; ‘n verhoging van R265 of 33 persent per maand. Ek glo dis ‘n skande. Die hoof en sy beheerraad het geeneen van die moeilike toestande in ag geneem nie.

Kom ons aanvaar daar is 850 kinders x 265 = R225 250 x 11 = R2 477 750 ‘n jaar ekstra. Die skool se inkomste sal dus R1 070 x 850 = R909 500 x 11 = R10 114 500 per jaar wees.

Ek sal baie graag wil weet wat die skool se uitgawes is. Mnr die Hoof wat moet ek vir my kinders sê as hulle vanaand honger moet gaan slaap? Wie is dit wat ons uitroei? Ek het ook die stelling gemaak dat ons teen 2021 nie ons kinders op skool sal kan hou nie. Ek glo ons kan hierdie datum vervroeg na 2017.

Skoolhoofde en beheerrade sal verseker dat ons ongeletterde geslagte agterlaat. Die skoolhoof is ons as ouers ‘n antwoord skuldig.

Hoe bly ons staande?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button