
Op Dinsdag 10 April 2012 het my Ford Escort se enjin vasgeslaan.
Die person wat jare aan my en my man se karre werk onderneem toe om die kar in te sleep en reg te maak. Sy werkswinkel was op daardie stadium in Rustenburgweg, Krugersdorp-Wes nadat hy jare in Van Bredastraat, Krugersdorp gewerk het.
Die man bel my na ‘n week en sê die enjin is erg beskadig en beveel aan dat hy ‘n ingevoerde tweedehandse enjin insit maar hy kort die kontant bedrag van R7 000.
Op Saterdag 28 April 2012 gee ek hom die R7 000.
Weke het maande geword. Eers is lê die vertraging by die aflewering, dan is die enjin nie reg nie, dan pas die sleutel nie, so kan ek aangaan. Gedurende November 2012 raadpleeg ek ‘n prokureur en in Desember beveel die prokureur aan dat ek die volgende parte koop: clutch kit, battery, fan belt, oliefilter en vyf-liter olie.
Ek oorhandig toe die parte aan die man op 13 en 14 Desember 2012. Ek gaan na sy huis toe en kry net beloftes. So ook die hele 2013 en 2014. Elke week is dit volgende week.
Gedurende 2012 was daar ook ‘n erge haelstorm. Wel die gevolge is voor die hand liggend van ‘n kar wat buite staan. Die voorruit het ‘n kraak ingehad, nou is die hele voorruit gekraak.
Aangesien die kar se lisensie in Junie verval was ek weer by sy huis. Die enjin nommer moes verander word voordat die lisensie hernu kan word. Hy het belowe om dit by my huis af te lewer. Noodeloos om te sê, dit het nie gebeur nie.
Ja so ek betaal versekering vir twee jaar en sewe maande, drie karlisensies, ‘n enjin en battery waarop die waarborg reeds verval het en sit steeds sonder ‘n kar en ‘n persoon wat my uitlag as ek sê ek gaan koerante toe.
Ja ‘n mondelingse ooreenkoms help nie waar mense oneerlik is nie.
