LettersOpinion

Hoekom jaag jy so?

Gefrustreerde padgebruiker van Krugersdorp skryf:

Ek wil graag medepadgebruikers waarsku wat van Krugersdorp na Fourways in die oggendverkeer rondom 8vm is om op die uitkyk te wees vir die baie slim vrou in ‘n silwer Kia Rio, wat soos ‘n absolute aap bestuur.

Sy moes net eenvoudig kort buitekant Krugersdorp teen hoë spoed my verbysteek en voor my kom indruk, terwyl daar glad nie plek was nie en ek hard moes rem om ‘n vreeslike ongeluk te vermy.

Met haar optrede sou sy haarself, my en tientalle ander voertuie rondom ons (aangesien dit tydens oggendspitsverkeer is) in ‘n kettingbotsing laat beland het.

Die ironie is dat ek heelpad reg agter haar gebly het en inteendeel verby haar is by my afdraai in Fourways terwyl sy steeds in die tou verkeer staan, en dit terwyl ek heelpad my spoed handhaaf en veilig bestuur.

Nou vra ek, waarom die gevaarlike taktieke terwyl dit haar absoluut nêrens gebring het nie?

Mevrou, ek hoop nie jy’t ‘n man en kinders wat oor jou gaan treur as jy jouself verongeluk of jou gaan mis as jy in die tronk beland vir roekelose en nalatige bestuur nadat jy ‘n ander padgebruiker se dood veroorsaak het nie, want glo my, dis presies waarheen jy op pad is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button