LettersOpinion

Ons kry toe nie goeie diens nie

Madelene Sanders van Krugersdorp skryf:

Een middag kry my skoondogter borspyne; sy is 31 weke swanger.

By die staatshospitaal verduidelik ek vir die dokter by Ongevalle wat aangaan. Hy stuur ons na Saal 2.

Kom daar toe jaag ‘n sekuriteitsbeampte ons uit die saal; sê ons hoort nie daar nie. Ek probeer verduidelik wat fout is met my skoondogter maar word eenvoudig uit die saal gejaag.

Sy gaan toe in en ek gaan om ‘n klag te lê oor die sekuriteit.

Die dame wat ons gehelp het was baie behulpsaam; loop saam met ons na Saal 2 en roep die suster aan diens. Sy vra wat met my skoondogter aangaan, net om uit te vind sy hoort nie daar nie, sy moet na ‘n ander kliniek gaan.

Daar laat hulle haar in Kamer 2 gaan sit en wag vir iemand om te help.

Wat het daarvan geword dat swanger vroue of eerder mense wat siek is onmiddellik gehelp word? Dit is regtig tyd dat die mense se passie vir hul werk terugkom. Hoekom wil jy verpleeg as jy nie passie het vir jou medemens nie?

Dis regtig onaanvaarbaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button