LettersOpinion

Die sekswerkers het ‘n keuse – ek weet

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ek wil net iets sê oor die berig in verlede week se koerant oor die sekswerker (‘n Dag in ‘n sekswerker se skoene, bladsy 3).

Ek is getroud met ‘n buitelander en het ‘n kind by hom. Ek is ‘n wit vrou.

Ek het in die winkel daar in Sivewrightstraat gewerk en dis waar ek my man ontmoet het. Ek het nog nooit op die straat gewerk nie of nog nooit dwelms gebruik nie.

Maar ek sê dis hul eie keuse wat hulle doen. Daar is ‘n uitweg. As hulle wil stop kan hulle. Ek ken ‘n meisie wat ook op die straat gewerk het; sy het vandag ‘n goeie lewe en ‘n vaste werk.

Hulle ly tog nie so ‘n slegte lewe by die persone vir wie hulle werk nie – ek weet!

Maar dis niemand anders se keuse nie behalwe hul eie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button