
Op 13 Januarie om 6.20nm is my dogter by die verkeerslig in Ondekkersweg by Horizon View-inkopiesentrum deur twee swart mans aangeval en van haar foon beroof. Hulle het ook aangedring dat sy haar karsleutels gee anders skiet hulle haar.
Ek wil weet waar is die publiek se lojaliteit teenoor ‘n medemens? Hulle sien die persoon word aangeval maar ander padgebruikers ry net aan sonder om eers hulp aan te bied.
Ek wil ook ander vroue en dogters wat elke aand alleen ry waarsku om versigtig te wees vir verkeersligdiewe. Hulle maak of hulle oor die straat loop, dan is hulle skielik langs jou venster.
Die twee mans wat my dogter aangeval het, is gewapen en ek glo hulle sal nie twee keer dink voor hulle skiet nie.
Ek dink hulle moet al die smouse van verkeersligte af weghou want ek glo dit is hulle wat inligting aan hul vriende gee.
