LettersOpinion

Ek het simpatie met jou Monica

Kobie Geldenhuys van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek ook my innige meegevoel deel met Monica Janse van Rensburg.

Ek weet hoe sy moet voel. My ma is al drie jaar terug in haar eie huis vermoor waar in sy 53 jaar gebly het en al wat die polisie sê is baie dankie vir my geduld.

Wel, dit gaan dié jaar stop. My geduld is op want ek kry geen antwoorde nie. Hulle het wel drie manne in Desember 2011 gevang wat haar vuurwapen gesteel het maar hulle is weer vrygelaat omdat daar op daardie stadium nog nie moord op hulle rekenaars was nie.

Die polisie het in November 2012 vir my ma ‘n briefie in haar posbus gelos, en toe ek bel wil hy weet hoekom my ma nie ‘n diefstalsaak geopen het nie. Toe ek sê sy is op 1 Augustus 2011 vermoor het hy amper van sy stoel afgeval.

Ek wil net weet of die privaat speurder Daryl Els my nie ook kan help nie.

Ek was al by ander speurders, by die Skerpioene en nou by Afriforum waar ek ‘n lid is maar elke keer lyk dit my ek loop in ‘n muur vas.

Party speurders sê my ma se naam is afgevee van al die stelsels by die banke en dit lyk of sy nooit gebore is nie.

As daar iemand is wat my kan help sal ek baie bly wees, al moet hulle by die twee kinders begin want wat gesteel is, maak nie sin nie.

Baie dankie en ek hoop uit my hart uit Monica kom reg. Ek wil ook net gemoedsrus hê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button