LettersOpinion

Vreeslik jammer vir ons optrede

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ek voel baie sleg, want op 15 Januarie het ek en my kêrel mekaar in die openbaar in Vierdestraat in Krugersdorp-Noord sleggesê en op mekaar geskreeu.

Ek wil net om verskoning vra vir al die winkels en mense wat dit moes beleef het.

‘n Paartjie wat lief is vir mekaar behoort nie in die publiek te skreeu en te baklei nie – geen mens behoort dit te doen … waar is die respek wat mense vir mekaar gehad het in die ou dae?

Hoekom is dit so moeilik vir ons jonges van vandag?

Ek vra groot verskoning dat ek my kêrel so sleggemaak het. As hy dié gedeelte lees wil ek net sê ek is verskriklik jammer en ek is so lief vir jou.

Weereens jammer vir almal wat dit moes beleef het, dit was super verkeerd van ons om straat af te loop en op mekaar te gil en mekaar sleg te sê.

Ek skaam myself dood vir my gedrag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button