
Ek wil net antwoord op die artikel How the lords of drugtown operate wat in die 6 Februarie-uitgawe van die News geplaas is.
Ek het lank daar in daai omgewing gebly en ek weet. Ek wil net sê dis nie al die buitelanders wat die dwelmbesigheid doen nie; daar is in al die kulture goeie en slegte kolle en dis dieselfde met hulle.
Kyk ek is nie blind vir dit wat hulle doen nie, dis verkeerd. Maar nie al die buitelanders is sleg nie.
God het ons almal gemaak. Maak nie saak van jou kleur nie so hoekom moet die bietjie wat goed is, wat ordentlike werk doen en vir hul families sorg dieselfde behandel word en ook sleggesê word?
Ek wil net sê op die einde van die dag is dit die mensdom se eie keuse; ja dis nie reg nie.
So asseblief mense ek vra mooi kyk na die goeies ook wat eerlik en hard werk om ‘n goeie lewe vir hulle families te gee en te probeer maak soos almal van ons, want God het ons almal gemaak.
