LettersOpinion

Magalies begraafplaas is ‘n vervalle hoop

Helena Hattingh van Magaliesburg skryf:

Van tyd tot tyd kry ek nog oproepe van inwoners van Magaliesburg en omgewing vir hulp.

Dit bly vir my ‘n voorreg om iemand te kan help.

Ek het op een van die versoeke gereageer en op 3 Februarie die begraafplaas besoek.

Wat my hinder van begraafplase op die oomblik is dat baie van die grafte as ‘n hopie grond gelos word en niks word verder gedoen nie.

Ek glo dat mense nie geld het om grafstene op te sit nie. In Magaliesburg was ‘n hele paar begrafnisondernemers, maar baie min het oorgebly.

Dit is vir naasbestaandes ‘n traumatiese ervaring as hulle ‘n geliefde se graf besoek en dit lyk so.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button