LettersOpinion

Baie dankie vir almal se ondersteuning

Magdel Hugo, bestuurder van SAVF Môreglans Ouetehuis skryf:

Namens Môreglans Tehuis wil ons almal hartlik bedank vir hul bydraes, tyd, teenwoordigheid en ondersteuning om van ons Valentynsmark ‘n sukses te maak.

‘n Spesiale dank aan die voorsitter en pastoor Fanie Meyer en Warriors wat gereeld elke Sondag by ons tehuis teenwoordig is, en die inwoners wat sommer spontaan deelgeneem het aan die voete roer.

Dank aan die seremoniemeester Erika vir haar sang en haar groep kunstenaars wat die dag sommer lewendig gehou het. Dit is werklik verblydend om die goeie gees van samewerking en bystand van die gemeenskap van oud tot jonk te beleef.

Ons beplan ‘n wintermark op 20 Junie om 9vm. Stalletjies kan by 011 665 1388 of per e-pos moreglans@moreglans.co.za bespreek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button