LettersOpinion

Dankie DBV vir julle puik diens

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ons as gesin het in 2014 vir die eerste keer ‘n troeteldier by die plaaslike DBV aangeneem.

Dit was een van die beste ervarings wat ons nog ooit beleef het! Nie net het ons die pragtigste, liefdevolste kat huis toe gebring nie, maar ons as ouers het ook die geleentheid gekry om ons kinders bloot te stel aan die werklike hartseer wat sommige diere moet deurmaak.

Maandag het ek weereens ‘n katjie by die DBV aangeneem en ek kan net getuig van goeie diens en dat die personeel nog altyd baie vriendelik en behulpsaam was teenoor ons.

My kinders is vreeslik lief vir diere en kom kort-kort met verdwaalde diere by die huis aan. Ons versorg eers die diere, gee kos en water en dan neem ek hom/ haar na die DBV.

So het ek in die afgelope vier jaar by verskillende geleenthede optelhonde na die toe DBV geneem.

Ek kan met die grootste vrymoedigheid die DBV bedank vir jul goeie diens en behulpsaamheid die afgelope vier jaar. Ons as gesin gaan die kuiers by die DBV mis en ons wens julle alle voorspoed toe!

Ons hoop van harte dat daar iewers uitkoms sal wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button