LettersOpinion

Weldoener ons wil jou graag ontmoet

Adriaan van Breda van West Village skryf:

Dit was 23 Februarie ongeveer 9.30vm by President Square kompleks.

Daardie oggend soos die gewoonte is, het ek ‘n gebed gedoen aan ons Hemelse Vader, maar bygesê, ook finansies van die Here gevra omdat ek dit nodig gehad het.

My eggenote en ek het ‘n paar goedjies gekoop. By die betaalpunt was daar ‘n jong man wat ons gegroet het. Hy was voor ons by die betaalpunt en nadat hy sy betaling gedoen het, het hy omgedraai na my en my vrou.

Sy woorde was dat as God met hom praat moet hy gehoorsaam en om gehoor te gee aan God se roepstem oorhandig hy toe R130 aan my vrou. Ons was stomgeslaan.

Ons wil graag met die weldoener in aanraking kom en indien hy hierdie brief lees, wil ons hom graag ontmoet.

Hy kan ons gerus kontak by 084 501 0043.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button