LettersOpinion

Die Fanies van Krugersdorp is tops

Marita Janse van Vuuren van Krugersdorp-Noord skryf:

Ek was ‘n regte dom blond wat voor ‘n skool ‘n U-draai wou maak.

Ek het my lelik misgis met die hoogte van my motor en die diepte van die tweespoor-grondpaadjie.

My motor se sleepstang het in die grondwal vasgesteek en daar sit ek toe! Kan nie vorentoe of agtertoe nie. Eers het ‘n man met die naam Fanie gestop en hulp aangebied.

Na vele pogings kon ons egter nie my voertuig uitkry nie. Ek het my versekering se padbystanddiens geskakel om my te kom help. Terwyl ek besig was met die oproep het daar nog ‘n man met ‘n insleepvoertuig gestop en hulp aangebied.

Sy naam was ook Fanie.

Ek het dadelik vir hom gevra wat dit my gaan kos om die motor uit te sleep en hy het sy diens gratis aangebied.

Ongelooflik in vandag se tye om twee mans te kry wat langs die pad bereid is om iemand te help en dit nogal gratis ook!

Baie dankie vir die Fanies van Krugersdorp!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button