
Die artikel oor die paartjie, Brand is toe ‘n wolhaarstorie, het betrekking.
Dit wil voorkom of hulle probeer goed doen om geld in te samel vir mense wat sukkel. Maar dis alles leuens.
Daar is niks wat sy sê wat die waarheid is nie, sy het nog nooit nié gesteel nie.
Sy het ‘n paar jaar gelede vir my gewerk en het almal om haar en selfs die assistente se geld uit hul handsakke gesteel. Sy het op ‘n gereelde basis selfone kamstig geleen en die mense het dit nooit teruggekry nie.
Sy het geadverteer om ‘n kinderoppasser by die ouers se huis te wees. Sy het dan in die ouers se goed gekrap en juwele ensovoorts gesteel.
Sy is nog sover by al haar werke laat gaan oor diefstal; ons het haar ook op heterdaad betrap dat sy geld uit ‘n handsak steel.
Haar jarelange vriendin het aan my vertel hulle is nie meer vriende nie oor die feit dat nadat hulle bymekaar gekuier het, sy agtergekom het daar is geld uit haar beursie weg.
Dit was haar beste vriendin.
Ek weet ook van al die jare se kamstige gelde ensovoorts wat ingevorder word wat eintlik na haar en haar kêrel se sak toe gaan. Hy gebruik dwelms en hul steel sover hul gaan.
Hy is ook by baie plekke afgedank oor diefstal. Hy het op ‘n stadium by ‘n sekuriteitsplek gewerk en rondgeloop en sekuriteitskameras gesmous.
As mens op haar facebook-blad gaan terugkyk sal jy sien hoe samel sy goed in vir almal wat swaarkry, maar dit was nog nooit vir enige persoon behalwe vir haar en haar kêrel se sakke nie.
Sy het nog haar lewe lank mense se goedheid misbruik, en hulle lieg en steel sover hulle gaan.
Sy moet gestop word, sy kom al te lank daarmee weg.
