LettersOpinion

Pasop vir man se leë beloftes

Gerda Allen, voorsitter van die Golden Age Village in Wentworthpark skryf:

Ek wil net graag ander ou mense en besighede waarsku teen ‘n boukontrakteur van Roodepoort.

Ek woon by die Golden Age Village en is voorsitster van die Golden Age Fondsinsamelingskomitee.

Deur die jaar samel ons geld in om die inwoners van die Golden Age Village se lewensomstandighede te verbeter en ons dra by uit die fondse.

Ons het ‘n versoek van die oumensies ontvang om spoedwalle te bou.

Verskillende kwotasies is bekom. Hierdie man het ons genader met ‘n baie aanloklike mondelingse kwotasie van R3 000 vir die teer, verf en oprig van waarskuwingsbordjies in die oord.

Die komitee het sy mondelingse kwotasie aanvaar. Hy het ons gevra om die geld vooraf te betaal.

Ek het toe die geld vir hom einde November 2014 gegee. Hy het fluks begin deur drie verskillende insny merke te maak en tot nou toe het hy niks verder gedoen nie – net beloftes.

Al my foonoproepe, boodskappe en sms’e het tot en met die skrywe niks verder opgelewer nie.

Ek wil net ander mense waarsku om nie in dieselfde slaggat te trap nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button