
Ons het pas van ‘n ryker area na ‘n veel armer area verhuis in Krugersdorp.
Daar lê groot ironie in hoe stil die vorige buurt was en hoe lawaaierig hierdie buurt nou is.
Mens sou eerder dink die ryker buurt drink en partytjie meer, maar dis andersom.
Hier word jou laaste geld gebruik om drank te koop en partytjie te hou.
Dis vir my uiters kommin om jou kar tot watter tyd in die strate op en af te ‘spin’. Jy kla jy het nie geld nie, maar brandstof word gemors sodat jy kan ‘spin’ en verby ander mense se huise ry met die hoop dat iemand sien hoe kommin jy is.
Waarom het mense in dié woonbuurt vier tot vyf honde as hulle nie hondekos kan bekostig nie? Ek sou dink die mense in ryker areas sou meer troeteldiere besit maar dis andersom.
Waarom jou honde laat rondloop en blaf tot die oggendure toe? Het hulle dalk jou maniere aangeleer?
Nee dit maak nie vir my sin nie.
Spaar jou drank, troeteldier- en brandstofgeld en bou vir jouself ‘n beter lewe met integriteit.
