
Die afgelope paar weke is daar ’n sigbare positiewe verandering in beriggewing sowel as bladuitleg van die News.
Jacobus Myburgh se voorbladstorie met die tema ‘omgee’ laat mens met ’n warm gevoel in die hart. Só ook Superheldjuffrou (bladsy 8) en Junk into funk (bladsy 11) en die onderskeie rapportering van skolenuus.
Ons eie Krugersdorpse Comrades deelnemers op die agterblad is die toonbeeld van spanwerk en deursettingsvermoë.
Die geskiedenisberig oor luitenant-generaal Van Deventer gee ’n verdere hupstoot aan die News – weereens ’n bewys dat ons stad ’n waardevolle plek in geskiedenis beklee. Mens sou graag wou weet wie die berig geskryf het? ‘n Skrywersnaam by ’n storie gee dit nog meer lyf.
Dankie redaktrise – ons weet die hartseer en ontstellende nuus moet ook daar wees, maar jy en jou personeel handhaaf deesdae ’n goeie balans tussen die werlike harde nuus en dít wat ons moed gee!
