LettersOpinion

Swakste diens ooit … skaam julle

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ons was vanoggend by Krugersdorp se lisensiekantore om ons bestuurslisensies te hernu.

Kan regtig nie eintlik kla oor diens nie, want daar is geen diens nie!

Die karwag buite is so vriendelik om vir jou te sê dat die dame wat foto’s neem nie in is nie – so jy moet na die oorkant van die pad, buite die kantore gaan om foto’s te neem. R40 vir vier; sjoe wat ’n winskopie, maar dan gebruik hulle net twee!

In die eerste plek is daar geen vriendelike gesigte nie – hulle hanteer jou asof jy van ’n ander planeet is.

Daar word nie gegroet of met enige respek gepraat nie – daar is net drie konsultante wat help. En hulle het die wêreld se tyd.

Uiteindelik klaar, na twee uur se wag (was 7.45vm daar) na die kassiere om te betaal. Gedink hier sal dit beter gaan, maar weereens geen glimlag, geen “môre” of “hallo jou hond” nie.

Jy moet fisies ruik wat sy sê, want jy kan nie hoor nie. Die glas is 10mm dik en sy praat asof sy geen stem het nie.

Gooi jou ID deur die skuiwergat asof jy laer as slangbollie is.

Hulle moet onthou – ons betaal hul salarisse! En ek dink die hoof moet bietjie floor duty doen en sien wat aangaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button