LettersOpinion

Wat gaan aan met die polisie?

Leon Strydom van Krugersdorp skryf.

Leon Strydom van Krugersdorp skryf:

Met my vrou se aankoms by die huis op Vrydag 3 Julie het sy agtergekom daar is by ons huis ingebreek.

Ek het die sektor polisie om 5nm geskakel om die inbraak te rapporteer en hulle gevra om na my huis toe te kom. Die konstabel het vir my gesê hy is besig en ek moet wag.

Om 5.30nm het ek hom weer gebel en hy het vir my gesê hy is nog steeds besig. Toe ek om 8nm weer skakel toe weet die persoon wat antwoord nie eers waarvan ek praat nie. Ek sou toe uitvind dat dit die nagskof is wat oorgeneem het en die klagte nie aan hulle oorgegee is nie.

Ek het toe vir hom gesê dat hy moet bly waar hy is.

Wat word van Krugersdorp as die polisie nie bereid is om te help nie?

As ek die inbrekers self raakloop sal ek die saak in my eie hande neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button