LettersOpinion

Waar trek jy die streep?

WJ Opperman van Krugersdorp skryf:

Op Dinsdag 7 Julie stop ek in Krugersdorp-Wes om inkopies te doen. Ek is dadelik voorgekeer deur ’n jong man wat geld vra. Ek vra hom toe wat hy daarmee wil doen en hy lig my in dat hy kos vir sy familie wil koop.

Ek het hom toe winkel toe gevat en vir hom ’n pakkie aartappelskyfies en ’n brood soos deur hom versoek, gekoop.

Groot was my verbasing toe hy die yskas oopmaak, ’n twee-liter koeldrank vat en die dame instruksies gee dat hy ook ’n bakkie sous wil hê.

Ek was vreeslik geskok, maar ek betaal toe vir alles (behalwe die sous) en gaan aan met my inkopies.

Vandaar my vraag: waar trek ’n mens die streep wanneer jy jou medemens wil help?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button