LettersOpinion

Hoekom betaal vir swak diens?

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ek het my skoene by ’n plek in die dorp in gegee om die hake te laat regmaak.

Ek is gesê die skoene sal Vrydag 10 Julie reg wees om te kom afhaal. Toe ons daar kom was die skoene volgens hulle nie reg nie en kan ek dit eers na 10 afhaal. Ek was 11vm daar; volgens die dame was my skoene nog nie reg nie, maar het op die kas gelê. Niemand het ’n poging aangewend om te kyk vir my skoene nie, ek het dit op die kas raakgesien en vir die dame gesê dit is my skoene. Sy het my nie geantwoord nie, het net my skoene gevat en in ’n sak gesit sodat ek kan betaal.

Ek het dit onder die eienaar in die winkel se aandag gebring nadat hy ’n kan-nie-omgee-houding gehad het. Volgens my gee niemand meer om solank hulle ’n inkomste kry nie.

Is daar nie ander plekke waar mens skoene kan ingee vir herstel nie?

Hoekom moet mens betaal en die diens is swak? Voorheen het ek ’n paar sandale ingegee en die hake was lelik beskadig toe ek dit terugkry.

Ek het nie weer die skoene gedra nie en het dit in die asblik gegooi.

Hoekom moet ek betaal vir iets om reggemaak te word en dit daarna in die asblik gooi omdat dit verniel is?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button