
Ek was ook by Dr Yusuf Dadoo Hospitaal met my seuntjie om sy tand te laat trek.
Kort daarna het hy aanvalle begin kry. Ek het in die hospitaal ingegaan en hom voor ’n suster gekry toe hy weer ’n aanval kry.
Hulle het hom op ’n drup gesit en gesê die dokter sal hom nou kom sien.
Ek het daar gewag saam met my seun tot nege uur die aand. Die dokter het gekom, die drup uitgehaal sonder om na hom te kyk en gesê ons moet huis toe gaan, daar is niks fout met my kind nie, hy sit aan.
My seuntjie is sewe jaar oud. Ek weet nie, maar al die hospitale gaan agteruit.
Ek was stomgeslaan oor die ongeskikte dokter. Ek wil nog met die hospitaalraad ook gaan praat, maar hulle almal is altyd te besig om iemand te sien.
