LettersOpinion

Hoekom word net die een gearresteer?

Martie Maré van Krugersdorp skryf:

Vriende van ons het die naweek bietjie uitgegaan. Die oom is 60 en die ou wat saam met hom was, is 34.

Hulle is deur die polisie afgetrek en die oom is vir dronkbestuur toegesluit. Albei mans is gevra om te blaas om hulle alkoholinname te toets; dis hoekom die oom toegesluit is.

Maar wat vir ons so snaaks is, die ander ou was so dronk hy kon nie op sy voete staan nie, maar vir hom is die sleutels gegee sodat hy maar verder kan gaan drink – wat hy toe gedoen het – en is later in sy dronkenskap agter dieselfde stuurwiel huis toe … en daaraan is niks gedoen nie.

Die polisie het hom nie eens huis toe gevat nie. Nou vra ek jou, hoe werk die wet dan?

Hulle sal liewer ’n bejaarde in die tronk sit as om albei toe te sluit en te verhoed dat ’n ongeluk gebeur en onskuldige mense doodgaan. Wie word dan geblameer?

Ek het Saterdagoggend gaan uitvind wat aangaan en hoekom net die een toegesluit is, toe sê ’n polisielid vir my hulle is nie bekommerd oor die passasiere van die voertuig nie, net die bestuurder.

Ek dink dis uiters snert. Hulle moet oor almal bekommer, jy word dan toegesluit as jy dronk is op straat. Nou wat maak daai man dan anders?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button