LettersOpinion

Verkeersdepartement glad nie voorbeeldig nie

Mev Pieters van Krugersdorp skryf:

Die verkeerslig by die kruising van Kruger- en Ockersestraat is ’n geruime tyd reeds buite werking.

Nadat ek by die kruising gestop het en dit veilig was om te ry, wou ek links draai in Krugerstraat toe ’n voertuig deur die kruising storm sonder om te probeer stadiger ry of hoegenaamd te stop.

Raai wie? ’n Bussie van die Verkeersdepartement. Ek het agter hom aangery tot waar hy passasiers afgelaai het in Humanstraat.

Hierdie man is geen voorbeeld vir padgebruikers nie.

Dit bevestig net weer dat hulle reken spoed is die enigste oortreding.

Die AA is van mening dat dit verkeersbeamptes se plig is om foutiewe verkeersligte of ander foute op paaie te rapporteer.

Maar soos wat hierdie man deur hierdie kruising gery het, glo ek hy weet nie eers daar was ’n foutiewe verkeerslig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button