
Ek verwys na die artikel The park of the future met betrekking tot die sogenaamde dorpsplaas by Kroningspark.
Die skrywer hiervan moet haar asseblief gaan vergewis oor wat ’n dorpsplaas nou eintlik behels. Jare gelede was daar ook ’n dorpsplaas by die park. Daar was konyne, hoenders, ganse en varke en hulle is alles opgeëet.
As hierdie persoon dink ’n trop van 40 skape en 12 beeste wat heeldag buite loop en wei ’n dorpsplaas verteenwoordig, dan is sy op ’n ernstige dwaalspoor. Miskien moet daar liewers huiswerk gedoen word oor wie eintlik die eienaar(s) van hierdie troppe vee is.
Ek glo ook die omheining is opgesit om ’n kamp te maak vir hierdie diere, daar word dan nou niks verder gedoen met die kamma miljoene wat beskikbaar was vir ontwikkelings by die park nie.
* Geagte mev Pieterse. Baie dankie vir u voorstel. Ons sal beslis werk daarvan maak – Red.
