
Ek wil graag onder julle aandag bring hoe tevrede ek is met die diens van my voertuig.
Ek woon in Pretoria maar het al die pad na ’n Mercedez-Benz dienssentrum in Krugersdorp gery.
My vriendin het vir my vertel van die spesialis in Krugersdorp. Ek sal enige tyd weer so ver ry om my Mercedes te diens.
Hulle is so professioneel en vriendelik en netjies. Definitief die skoonste en mooiste werkswinkel wat ek nog gesien het. En hul pryse is ook baie goed.
Hulle het my konstant op hoogte gehou met die vordering van my voertuig en ek het ook ’n baie skoon voertuig terug gekry na sy diens. Dit het gelyk of my voertuig by ’n karwas was.
Die mense van die Wes-Rand is baie gelukkig om so ’n goeie werkswinkel in hul area te hê.
Hulle stap definitief die ekstra myl.
Baie dankie vir jul goeie diens!
