LettersOpinion

‘Ons leef nou in vrees’

Chris Boshoff van Wentworthpark skryf:

Wentworthpark is blykbaar ’n maklike teiken vir rowers.

Op 15 April om 2vm het hulle by ons motorhuis probeer inbreek, maar was nie suksesvol nie.

Op 30 Mei om 2vm het hulle by my huis ingebreek en my met ’n battery oor die kop geslaan.

Op 15 Julie het hulle weer by my motorhuis ingebreek en hierdie keer het hulle goedere gesteel en ’n nuwe motorfiets erg beskadig.

Op 4 Augustus het hulle weer by die motorhuis ingebreek en al my kraggereedskap gesteel asook my seun se Honda CBR 1000 Fireblade-motorfiets.

Na die insident van 30 Mei het ons nog geen terugvoer van die polisie gekry nie en hulle het nog steeds nie my verklaring geneem nie.

Die geval van 15 Julie het ook maar doodgeloop.

Ek is swaksiende en my vrou is blind. Ons leef nou in vrees soos gevangenes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button