LettersOpinion

Nuwe watermeters gee net probleme

Tania van Krugersdorp-Wes skryf.

Die nuwe blouwatermeters wat in Krugersdorp-Wes ingesit word is ’n spul gemors. Dit gee mense net probleme.

Maar so het ek ook vandag uitgevind dat jy jou ou meter mag hou. Dis nie ’n vereiste om ’n nuwe een te laat insit nie.

Ek het die watermeter nou al drie maande en het geen probleme gehad nie.

Maar Maandag 24 Augustus wou ek water in Krugersdorp-Wes gaan koop. Die dame het drie keer probeer, maar hy het bly sê “meter number invalid”.

Ek los dit toe met die vermoede dat daar dalk ’n netwerkfout is en dat dit dalk later sou regkom.

Die Dinsdag het ek weer probeer, ook by ander winkels – en weereens sê dit dieselfde.

Woensdag was dit weer dieselfde storie. Ek dog toe ek gebruik dalk die verkeerde nommer, maar my meternommer was reg, want ek gebruik hom al die afgelope drie maande.

Donderdag het ons die munisipaliteit, waterafdeling en die Demokratiese Alliansie gebel en almal het gesê hulle sal iemand uitstuur. Ses aande later met 62 liter water wat ek spaarsamig probeer gebruik, bel ons die na-ure nommer by Mogale City, net om te hoor daar sal iemand uitgestuur word.

Vrydagoggend toe gaan ek na Mogale City om self by hulle water te koop sodat hulle kan sien daar is fout. Ek kon dit toe nie eens doen nie, want die regte mense was nie daar om my te help nie.

Ek gaan toe na die waterafdeling toe en hoor weer dat iemand uitgestuur sal word.

Ek kon dit nie meer hou nie.

Ek vertel hulle toe dat ek my waterpyp aan die hoofpyp sal konnekteer en dan water verniet gebruik.

Nadat daar blykbaar uiteindelik iets gedoen is, is daar vir my vertel my meter was van die sisteem af en daarom kon ek nie water koop nie.

Weet Mogale City ooit wat om hulle aangaan?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button