LettersOpinion

Dankie vir jul hulp

Suzette van Krugersdorp skryf.

Graag wil ons as familie ’n paar mense bedank vir die hulp en bystand met die afsterwe van ons geliefde pa op 22 September. Ons sal julle ewig dankbaar bly.

Aan Denise, Elise en Morné van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), dankie vir jul hulp en bystand. Julle was heel eerste by ons en het dadelik my pa probeer help. Dankie aan al die GPF-lede wat gehelp het met die stoet en julle hulp om almal veilig by die begraafplaas te kry.

Baie dankie aan ER24 en Netcare 911, asook De Wet. ’n Spesiale dank aan jou vir al jou hulp toe jy my moeder moed in gepraat het.

Francois, Oom Jannie en Nita van Jannies Auto, dankie ook aan julle vir alles wat julle vir ons gedoen het tydens die maande wat my pa siek was.

Oupa Willie, Ouma Soes, Ma Ansie en Morgan, dankie vir jul gereelde kuiertjies by pa en ma en vir die grappies. Julle het hom laat lag sodat hy so ’n bietjie van sy pyn en sorge kon vergeet.

Die Wes-Rand Harlequins Rugbyklub, dankie aan elkeen van julle wat ons bygestaan het deur hierdie tyd.

Aan Ma Betta, baie dankie vir elke aand se versorging, en wakker bly, en slaap in die stoel net om by pa te wees.

Avbob, Kobus en Karlien, baie bankie vir die geduld en hulp met die reëlings van pa se begrafnis.

As daar iemand is wat ons uitgelaat het en nie dankie gesê het nie, sê ons nou baie dankie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button