
Die gemeenskap van Krugersdorp moet ligloop vir ’n Pieter of Peter Buitendag.
Hy doen homself voor as iemand wat saam met Wesbank-prokureurs werk wat teruggeneemde voertuie se paaiemente deur kopers kan laat oorneem. Hy is baie oortuigend met foto’s van voertuie asook eposadresse.
Volgens Buitendag is hulle ’n geregistreerde regsfirma wat met bank repos werk.
Hy gebruik ook ’n bankrekening van FNB Krugersdorp. Ook noem hy die regsfirma Hammond of Pole se naam, en sê dat hy saam met ene Kyle by die firma in Centurion werk.
So wees gewaarsku, hy is ’n absolute bedrieër en skelm. Hy bly ook nie lank op een plek nie. Wees op die uitkyk vir hom en mag geregtigheid seëvier.
Wees verseker ou skelm, jy gaan jou vasloop!
