LettersOpinion

‘Ons wag nou nog vir hulle’

Konrad Meyer van Krugersdorp skryf:

Ek werk tans oorsee en het ’n oproep van my pa gekry.

Daar was ’n huisroof by die buurvrou in Noordheuwel waar my pa die rowers verwilder het; drie verdagte mans met ’n wit Mercedes-Benz.

Hy het die polisie gebel en kry toe ’n verwysingsnommer ongeveer 1.45nm daardie dag.

’n Paar dae later het nog geen polisie opgedaag nie.

’n Bejaarde vrou is aangerand en van haar ringe beroof. Ek bel die Krugersdorp Polisiestasie … geen antwoord nie. My pa is ’n hero vandag. Hy het ’n bejaarde vrou se lewe gered en gekeer dat haar en die buurman se eiendom nie totaal geroof is nie.

Waar is die polisie?

Weereens ’n bewys dat ons sekuriteit en lewens van mekaar afhang en mens nie op die polisie of die regering kan staatmaak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button