LettersOpinion

Baie dankie dat julle altyd bereid is om te help

Annalene Mandl van Krugersdorp skryf:

Ek weet nie of dit so gedoen kan word nie, maar in ’n samelewing waar mense deesdae net kla en negatief is, wil ek drie mense bedank vir hul uitstaande bydrae aan die publiek.

Ek moes my kar op my naam registreer. Terwyl ek by die lisensiekantoor is, kom ek agter my bestuurslisensie het ook verval. Ek het net my bankkaart by my gehad en ek moes foto’s neem wat net met kontant betaal kon word.

Baie dankie Jan, die karwag wat al baie jare daar werk, dat jy vir my R20 geleen het sonder om twee keer te dink. Dit het my tyd gespaar en ek kon dit net later die dag vir hom by sy huis afgee. Jy ken my nie eers nie, maar was bereid om te help. Iemand wat min het en nie twee keer dink om iemand anders te help nie.

Jeff, baie dankie vir jou en jou personeel. Julle diens is van hoogstaande gehalte. My kleinseun van ’n jaar oud is nie op ’n mediese fonds nie en die afgelope jaar was julle werklik vir ons ’n uitweg elke keer wanneer ons nie meer geweet het watter kant toe nie. Die diens en personeel is van die beste en die pryse is bekostigbaar vir die normale man op straat wat sy sente moet omdraai.

Ciske, dankie vir jou hulp om vir my kinders ’n bekostigbare woonstel te kry, ook vir die vinnige manier waarop julle aandag gegee het aan die skade na die haelstorm.

Dis vir my baie belangrik om vir dié mense dankie te sê wat sonder om twee keer te dink die ekstra myl geloop het vir hul medemens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button