LettersOpinion

Moeg vir buitelanders wat aanjaag

Mariette van Krugersdorp skryf:

Hoekom ondersteun die mense in vandag se lewe so baie buitelandse mense se winkels?

Hoekom begin Suid-Afrika se mense nie dit self doen nie?

Dit sal ons ekonomie en werkskeppingsyfers net goed doen. Ek het my tablet laat regmaak by ’n winkel in die dorp.

Hulle moes my skerm teen R400 vervang. Nie eens lank na die tyd nie, nou werk die touch screen nie soos hy moet nie.

Elke keer sê hulle vir ons ‘kom môre terug’.

Vandag vertel die een toe vir ons dis nie die touch screen nie, dit is die spoed; hulle moet die foon flash.

Ek besluit toe om ’n paar ander winkels vir ’n tweede opinie te gaan vra oor wat fout is met die foon en die eienaar by die een winkel vertel ons toe dis die touch screen.

Later het ons weer terug gegaan na die oorspronklike winkel toe. Hulle kom toe weer met ’n ander storie – dit is die skerm, maar hulle kan nie vantwoordelik gehou word vir die fout nie.

So nou moet ek weer R400 vir herstelwerk uithaal en hoop hy maak nie weer droog nie.

Hoekom sal ek so duur betaal om hom te laat reg maak en dan halfpad breek dit weer?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button