LettersOpinion

Grasperk perfek vir sokker

Kobus van Krugersdorp skryf:

Daar is ‘n groot oop grasperk oorkant Munsieville tussen Van Reebeeck- en Gorden Greystraat.

Die voorstel wat ek wil maak is om die gebied toe te span vir die mense van Munsieville om hulle sport daar te beoefen. Daar is elke dag vier sokkerspanne wat daar oefen en dit is baie gevaarlik omrede daar baie verkeer op die pad is.

Ek het al verskeie kere gesien hoe jong kinders voor motors inhardloop.

Dit sal baie mooi wees as die plek omhein kan word en sokkerpale opgesit word.

Die grond moet ook gelyk gemaak word want dit is baie ongelyk.

As hulle speel is die bal geneig om teerpad toe te rol.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button