LettersOpinion

Departement van Arbeid was baie behulpsaam

Willie Opperman van Krugersdorp-Wes skryf:

Met verwysing na Petra Sendef se brief in die 19 Februarie-uitgawe van die News.

Graag wil ek noem dat ek dit nie kan glo dat Petra so sukkel met die Departement van Arbeid nie.

Ek het gedurende Desember 2015 op pensioen gegaan en was nog nooit in my lewe by die Departement van Arbeid se kantore nie.

Toe ek aansoek doen vir werkloosheidsfonds was daar ook foute op hul rekenaars met my dokumentasie.

Die klerk het dadelik die probleem vir my verduidelik.

Daar is duidelik aan my genoem dat sy my persoonlik na haar bestuurder sal neem om my probleem uit te sorteer indien dit nie binne ’n week opgelos is nie.

Ek kon sien dat dit ’n saak van prioriteit was om my te help.

In alle geval was hulle vriendelik en behulpsaam en sodoende is die probleem binne ’n week uitgesorteer, sonder om ’n bestuurder te sien.

Ek dink net sy moet weer probeer met die regte dokumentasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button