LettersOpinion

‘n Baie tevrede Johannes

Johannes Esterhuizen van Krugersdorp skryf:

Krugersdorp News se positiewe skrywe omtrent myself op bladsy 9 van die 4 Maart-uitgawe het ek baie gesmaak, net soos ek die Woord van God smaak, soos geskrywe in Heb. 6:5.

Hier volg nou drie negatiewe skrywe omtrent Johannes soos in ander koerante aangedui:

1. Daily-Representative – Queenstown 1971. Die opskrif: “Golf Club Burglary”. Weggekom met twee rugsakke vol sterk drank

2. Beeld 1976: “Trein-rit ryk aan smarte”

3. The Star 1976: “Big jumble sale in Mayfair”. R22 000 se goedere van trein af

4. Beeld 1979: 31 Mei “Man in onderbekken geskiet”. Die een 9mm Parabellum-patroon het my vel ‘daar’ vyf keer gebreek. Nog normaal. Na al die negatiewe ervarings het God my nogtans vergewe soos geskrywe in Jes. 1:18.

Weereens, baie dankie aan Krugersdorp News.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button