LettersOpinion

Godslastering …

Johannes van Krugersdorp skryf:

In die verlede het ‘ongelowiges’ ons monumente gevandaliseer en rooi geverf.

Gister, vandag en môre kry ons taalmonument uit eie geledere dieselfde behandeling; sangkunstenaars wat ons lieflike taal – Afrikaans – met Engels vervuil en bemors. Daarom die geveg om Afrikaans se kop bo water te hou.

Dieselfde oorlewing dreig nou ook met ons Christelike geloof, ook deur eie geledere. Dinsdagoggend 8 Maart 2016 bel ‘n blanke Afrikaner man RSG se Amoré Bekker met die volgende grap: God het elke kop (hoof) volmaak geskape – die wat nie volmaak is nie, het Hy met hare bedek. Uit haar maag van lekkerkry lag laasgenoemde vrou oor die Godslasterlike woorde wat teenoor haar en Suid-Afrika gebesig is.

Let wel: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. Mat. 12:37.

Ten slotte, ‘n baie mooi Afrikaanse gesegde: “Die deler is net so skuldig soos die steler”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button