LettersOpinion

Net God se wil maak saak

Johannes Esterhuizen van Krugersdorp skryf:

Stephan Joubert se skrywe Jesus op sy lydingspad het betrekking, soos berig in Beeld se Goeie Nuus van die 22 Maart-uitgawe.

Agt of 10 jaar gelede met oggend- of aanddiens wat gehandel het oor die breking van die brood, op RSG Radio (Han 2:42 ook 46; Luk 24:35 en Mat. 14:19) het Stephan Joubert aan my en Suid-Afrika getuig dat Jesus en Sy dissipels die brood met die hand gebreek het, omrede hulle nie messe gehad het soos ons vandag nie.

Ek vra jou, Stephan Joubert, is ‘dit’ God se Wil om bogenoemde woorde te besig? Beslis, nee!

Ook agt of 10 jaar gelede behandel Irma Joubert die gedeelte van Dawid se oorwinning oor Goliat. Hier getuig die vrou dat David ses klippies vir sy slingervel opgetel het. Dit, terwyl ek en Suid-Afrika weet hoekom David vyf klippies opgetel het.

Verlede jaar se kinderprogram Sondagaand 6.20nm op RSG word ‘die kindertjies’ geleer: Dawid het nie ‘n slingervel gebruik nie, maar ‘n kettie. Ook kan ek die vrou of man vra: Is dit die Wil van God?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button