LettersOpinion

Die staat moet meer doen rakende bejaardebehuising

DA Raadslid van Wyk 20, Jakkie Naudé, skryf:

Volgens ’n brief in die 29 April-uitgawe van die News (Vergete Bejaardes se Noodkreet) wil ek as raadslid reageer.

Hierdie inwoners is van die bevoorregtes in Krugersdorp, deurdat hulle die goedkoopste huisvesting in die dorp kry. Alles wat die News berig wat betref die koste om daar te bly, is korrek.

Bejaardes wat van net ’n staatspensioen afhanklik is, sal baie graag in sulke behuising wil woon. Ongelukkig word persone huisvesting daar gegee wat nie net staatspensioene kry nie maar wat ook ‘n ander pensioen kry.

Daar is ook staatspensioenarisse wat ’n eie huis verhuur en dan toegelaat word om teen lae koste in Jack Cotton te kom woon. Dit is klaarblyklik onregverdig teenoor dié wat geen huisvesting het nie.

Huisvesting in Jack Cotton word gereserveer vir inwoners van Mogale City, maar hierdie reëling word nie altyd nagekom nie. Die munisipale beampte wat beheer oor die munisipale woonstelle het, doen na bewering nie navraag oor die omstandighede van mense wat aansoek doen nie. Gevolglik kry mense van buite Mogale City soms huisvesting hier.

Wat my bekommer, is dat die staat niks doen om meer bekostigbare behuising vir hierdie staatspensioenarisse te verskaf nie. Meer en meer bejaardes wat afhanklik is van ’n staatspensioen word gedwing om op straat te woon, aangesien hulle geen woon- of slaapplek het nie. Dit is baie tragies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button