LettersOpinion

‘Jy vra vir die verse; hier is dit’

Johannes Esterhuizen van Krugersdorp skryf:

Herculus du Preez se skrywe in die News van 29 April het betrekking.

Jou kennis (geskiedenis) van Simon van der Stel gaan my glad nie aan nie. Ek en jy het groot geword met die wete: “Two wrongs don’t make a right.”

Nogtans regverdig jy Zuma se korrupsie; dus is jy in jouself verdeeld (Mat 12:25-26). Onthou, jy kan nie God en Mammon dien nie – Mat 6:24. “Wie nie teen ons is nie, is vir ons”– Mark 9:38-41.

Ek hoop jy sal groei van Heb 5:13 na 14 toe. In jou skrywe vra jy vir Bybelverse, daar het jy dit.

In jou laaste sin beskuldig jy my van rassisme en ‘n opruiende houding.

Gaan Sivewrightstraat binne, enige sjebeen of bordeel of ‘drug-hole’ en vra hulle omtrent ‘Terblanch’.

Ja, dit is my geliefde naam onder die swart gemeenskap oor die hele Krugersdorp – Mat 11:19 ook Mat 9:10-11.

Tweedens opruiend – vir ‘n persoon wat reg, geregtigheid en regverdigheid nastreef, is dit onmoontlik om opruiend te wees.

Opruiend is ‘n kwaadaardig emosionele toestand wat negatiewe reaksies uitlok; dus word die toestand by my onderdruk en sodoende vermy. – 1 Tess 5:22.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button