LettersOpinion

Verskriklik baie dankie aan almal

Die Mans-, Van Rooyen- en Henning-gesin van Krugersdorp skryf:

Eerstens moet ek dankie sê aan Netcare 911 en ER24 wat so vinnig gereageer het na die noodoproep na hulle gemaak is oor my man Jakobus Johannes Mans.

Hulle was baie vinnig op die toneel om hom die beste moontlike kans op oorlewing te gee. Julle diens was puik.

Die hospitaal het aan hom die beste moontlike versorging gegee selfs al is hy kort na sy opname breindood verklaar. Hulle het die familie deurentyd op hoogte van sake gehou en het die baie vrae wat gevra is, baie empaties beantwoord. Ook aan die personeel wat aan diens was toe ons die ventilasie gestop het en wat dit op so ‘n ongelooflike empatiese wyse gedoen het en ons toegelaat het om sy boetie en sussie in Australië en Nieu-Seeland deur middel van Skype die geleentheid te gee om deel te wees en afskeid te neem.

Aan ds Marius van Jaarsveld wat ons so getrou bygestaan het en trane afgevee het, baie dankie. Ek wens ek kan die pyn van die verlies van u eie vader enkele dae later sagter maak.

Aan al die familie en vriende wat sy vrou, kinders en kleinkinders omring het met liefde en ondersteuning in ‘n tyd toe baie moeilike besluite geneem moes word, baie baie dankie.

Ek het ook nodig om dankie te sê aan Avbob Krugersdorp wat ons hande gevat het en gehelp het om sy laaste reis na die graf so pynloos moontlik te laat plaasvind. Julle ondersteuning en praktiese raad word geweldig waardeer.

Dankie aan die Evangelies Gereformeerde Kerk Goudrif vir die gebruik van die kerk en die saal.

Ds Rudi Mans, sy boetie, baie dankie dat oom hom begrawe het. Ek weet hy sou dit nie anders wou gehad het nie en dankie dat ons in daardie oomblikke sy lewe kon vier en onthou.

Johan Pienaar, dankie dat jy ons so ongelooflik bygestaan het en nog steeds met raad en daad bystaan.

Aan almal van Wohlfahrt Pluimveeplaas, julle ondersteuning word geweldig waardeer.

‘n Spesiale woord van dankie aan Reinier Henning, sy skoonseun, wat byna dadelik by was en gehelp het met als, soms nog voor daar vir hulp gevra is. Aan Krugersdorp Verkeer, baie dankie vir die hulp met die lang stoet.

Laastens aan elke vriend, vriendin, familielid en vreemdeling vir die hulp met eetgoed, die blomme, die drukkies en woorde van bemoediging, verskriklik baie dankie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button