
My moeder is in Moria Tehuis vir Bejaardes.
As pensioenaris is sy veronderstel om doeke van die staat te ontvang, soos baie ander bejaardes. Die afgelope paar maande kom die staat egter nie hul verpligtinge na nie, en moet ons as kinders die doeke voorsien.
Ons is self op pensioen en betaal reeds die maandelikse bedrag vir haar verblyf. Met die huidige swak ekonomie plaas dit werklik onnodig druk op kinders as ons boonop die doeke ook moet voorsien.
Ongelukkig het sy Alzheimer’s en het gespesialiseerde versorging nodig. Die staat verwag van ons om belasting, water en ligte asook ander verpligtinge na te kom – maar wat van hul sogenaamde verpligtinge?
Wat van die bejaardes wat nie iemand het om te help nie? Dit is onrusbarend en onregverdig dat ons nie kan steun op die huidige bedeling nie! Ek hoop die lesers sal dit in ag neem wanneer ons stem.
Ons het ‘n regering nodig wat die bejaardes in ag neem.
