
Ek wil net weet of die blankes ook moet stem op 3 Augustus want volgens die verkiesingstryd gaan dit slegs oor die swartmense.
Geen politieke party het iewers ‘n vergadering gehou wat blankes betrek nie. Indien ons wel mag stem kan ek julle verseker dat daar hard gewerk sal moet word om my te oortuig om vir julle te stem.
Al wat ek tans weet is dat politieke partye net in ons geld belangstel en wat hulle ook al sê, nie haalbaar is nie.
Geen party is in staat om SA uit hierdie gemors te red nie.
Ons moet ons tot God, ons enigste Redder wend. Wêreldse afgode, veral sport, kan ons nie red nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
