LettersOpinion

‘Mogale City; gee julle regtig om?’

Mev Henning van Krugersdorp skryf:

Ek het al sedert verlede jaar vir Mogale City Munisipaliteit gebel en die laaste jaar drie eposse gestuur. Ek het hulle so mooi gevra dat hulle die bome in Humanstraat sny.

Al wat hulle sê is dat hulle daarna sal kyk en dan word daar verder niks gedoen nie. Ek het hulle gevra om voor die winter die bome te sny want dit keer die son na my huis toe en my huis is baie koud, om nie eers van die blare te praat wat mens se erf so vuil maak nie.

Die hele Humanstraat van die stop af lyk erg van die takke, blare en sade van die bome.

En dan kla hulle oor die ongelukke wat daar plaasvind, maar die bome versper dan die uitsig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button