LettersOpinion

Mynhope is nie speelplekke nie

Karel Balt van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek u daarop wys dat mynhope uiters toksies is.

Eerstens bestaan dit hoofsaaklik uit silikasand, wat silkose veroorsaak (waarvoor duisende lydende mynwerkers nou uiteindelik vergoeding gaan kry – dit is nie ‘n mooi siekte nie).

Tweedens bevat dit sianied en kwik (mercury) en verskeie swaarmetale soos uraan.

Ter wille van die gesondheid van die kinders wat by die mynhope afgly vir pret, wil ek aanbeveel dat navorsing eers gedoen word oor die gevolge van hierdie, in my opinie, gevaarlike tendens wat ten alle koste ontmoedig behoort te word!

Daar is ‘n goeie rede waarom plante nie op hierdie sandhope groei nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button